top of page

Die volgende stop is ’n prettige, lag-tot-jy-lê-bordspeletjie vir die hele gesin. Reis Suid-Afrika van hoek tot kant plat met hierdie unieke speletjie waarin jou beste stomstreektegnieke, algemene kennis en blitsverduidelikings van eiesoortige en eg Suid-Afrikaanse plekke, idees en selfs spreekwoorde handig te pas sal kom. Ideaal vir almal 10 jaar en ouer en die perfekte tydverdryf vir ervare reisigers sowel as tuisblyers. Dié duursame bordspel sluit 300 aktiwiteits- en vraagkaarte in vir ure se speelgenot.

Maak seker dat die pret selfs nóg langer hou met Die volgende stop: Reeks 2-aktiwiteits- en vraagkaarte. Reeks 2 se kaarte bevat 300 nuwe vrae en aktiwiteite wat jou sal laat kopkrap en skater.

Die Volgende Stop

R579,00Price
    bottom of page